A documentary blending Afrikaans legends and up-and-coming hip-hop artists, Vat die Rap.


‘Vat die Rap’ het legendes binne die musiekbedryf en nuwe generasie kletsrymers bymekaar gebring om ou gunstelinge te omskep in nuwe juwele. 

Rina Hugo & YOMA

Rina Hugo en die nuwe generasie kletsrym koningin, YOMA, het saam gewerk aan die legendariese lied, Al Lê Die Berge Nog So Blou.

Jaco van der Merwe & Lukas Maree

Jaco van der Merwe het ‘n kletsrympie of twee gevoeg tot die legendariese lied van Lukas Maree, Ek sou kon doen met ‘n miljoen. Daar word nuwe lewe in die ‘volksbesit’ liedjie geblaas, maar die Lukas Maree essence bly steeds aan die lied vaskleef.

Steve Hofmeyr & HemelBesem

Steve Hofmeyr en HemelBesem het kragte saamgespan om nuwe lewe in ‘n legendariese Pampoen te blaas. Die lied kry ‘n anderse diepte, met HemelBesem se treffende kletsrympies wat vir dae lank in jou kop gaan rond dwaal.

Churchil Naude & Anton Goosen

Twee uiterse diep sielle, Churchil Naude en Anton Goosen, het nuwe lewe in ‘n ‘Boy van die Suburbs’ geblaas. Die kry meer streetcred as ooit, en hy gaan vining ‘n nuwe gubsteling op jou playlist word.

David Kramer & V.I.T.O.

Hou vas – hierdie gaan waarskynlik jou nuwe gunsteling tune word. Wat gebeur wanneer jy ‘n Namakwa geur aan ‘n David Kramer treffer maak kleef. Iets besonders – dis wat. David Kramer en die kletsrymer van Namakwaland, V.I.T.O. het nuwe lewe in die lied, Stoksielalleen geblaas.